搜索
热搜: music
门户 Culture Language view content

Arabiese Skiereiland

2015-6-15 00:03| view publisher: amanda| views: 4357| wiki(57883.com) 0 : 0

description: Die Arabiese Skiereiland of Arabië is 'n skiereiland in Suidwes-Asië, waar Afrika en Asië ontmoet. Dit lê oos van Ethiopië en noordelike Somalië; suid van Israel, die betwiste Palestynse gebiede ...
Die Arabiese Skiereiland of Arabië is 'n skiereiland in Suidwes-Asië, waar Afrika en Asië ontmoet. Dit lê oos van Ethiopië en noordelike Somalië; suid van Israel, die betwiste Palestynse gebiede en Jordanië; en suidwes van Iran.

Die uiterste kusgebiede van Arabië bestaan uit: aan die suidweste die Rooi See en Golf van Aden; aan die suidooste die Arabiese See; en aan die noordooste die Golf van Oman en die Persiese Golf.
Arabian peninsula definition.PNG

Die volgende lande lê in Arabië:

    Saoedi-Arabië
    Jemen
    Oman
    Koeweit
    Verenigde Arabiese Emirate
    Katar
    Bahrein

Die skiereiland is deel van die Midde-Ooste, maar dit beteken gewoonlik die Arabiese Skiereiland saam met die Levant en Mesopotamië. Die woord "Arabië" verwys soms slegs na Saoedi-Arabië.

Saoedi-Arabië, as land, bedek omtrent die hele Arabië. Die meeste mense in Arabië is burgers van Saoedi-Arabië of van Jemen.

About us|Jobs|Help|Disclaimer|Advertising services|Contact us|Sign in|Website map|Search|

GMT+8, 2015-9-11 20:14 , Processed in 0.150836 second(s), 16 queries .

57883.com service for you! X3.1

返回顶部